skip to Main Content

Amike + Gustav | Sprokies woud- troue


Wat ‘n totale sprokiestroue! Van begin tot einde as ek terugkyk na die ongelooflike fotos, kan mens nie help om te droom van feetjies in die woud en goed waaroor feëverhale geskryf word nie.
Ek het Amike in Cafe Furlough, in Stellenbosch seker so jaar gelede ontmoet. Sy was besig met haar finale jaar van studies en Gustav was ook besig om sy honeursgraad te voltooi.
Min het ek geweet toe ek hulle ontmoet het, dat ons by hierdie ongelooflike idees en troue sou eindig.
Alhoewel ons die trou-koordineerders vir hierdie troue was het ons ook die decor, blomme en beligting gedoen, so om ‘n blommedak, in hoogsomer met 40 grade in ‘n glaskas te doen, was geen maklike takie nie! Maar ek is seker julle sal met my saamstem dat die eindresultaat die stress die moeite werk was!
Amike se familie het almal vêr gesit maar dit het hulle nie gekeer om nogsteeds met die vou van 1000 origami voëltjies (skoonma) vir die seremonie en die keramiek-voëltjies wat op elke bord die gekenkies gevorm het (ma van bruid) vorendag te kom nie.
So, indien jy graag ‘n sprokiesdag sonder stres wil ervaar, in so ‘n ongelooflike ligging soos Die Woud, laat weet ons gerus! Ons sien uit daarna om saam met julle ‘n droom-troue vir julle te help beplan!

Ongelooflike diensteverskaffers|
Fotos | Dear Heart Photos
Venue | Die Woud
Trou-beplanning en koordinering | CreativeNook
Make-up | Marnel Make-up
Rok | Janita Toerien
Musiek | Bad Peter
Wedding cake | The Mixing Bowl Cake Company
Photo Booth | Booth Central
Video | Koospot Films
Decor, Blomme & beligting | CreativeNook
Verhurings| Okasie, Blooming Wonderful, Downings
Skryfbehoeftes & signage | Blooming Wonderful

Leave a Reply

Back To Top