Iné + Brendan | Die Woud
Iné mens, maar jy is mooi! So mooi van binne en van buite vir my! Dis min dat ek met ‘n klient ontmoet dat dit my so dadelik opval soos met jou. Wat ‘n droom om mee te werk!
Van die eerste koffie-date wat ons gemaak het, het jy ‘n baie definitiewe idee gehad van die tipe kleure en blomme wat jy wou inkorporeer.
Van die gedrukte blom-patroon-servetje wat die toon aangegee het om die olyfgroen en terracotta kleure in te bring. Dankie dat jy ons toegelaat het om te ‘speel’ met blomme en groente! Ek onthou nog toe ek die gedagte van rooi uie, wortels, beet, artisjokke aan jou genoem het het jy gesê ons kan maar laat waai!
Wat ek sal onthou is jou groot liefde vir bouganvillea en vir ‘ietsje anders’.
Jou fotos getuig van ‘n baie gelukkige mens, met haarzelf, wie sy is, en veral wie sy gekies het om die res van haar lewe mee te spandeer.
Ons wens julle alle liefde, voorspoed en geluk vir die toekoms saam!
Hoop ons paaie kruis weer êrens in die nabye toekoms met mekaar!
Baie dankie aan die diensteverskaffers, dis soos altyd vreselijk lekker saam met julle!
Venue| Die Woud
Make-up en hare | Marnel Toerien
Rok en boha | Cindy Bam
Beligting, blomme en dekor | CreativeNook
DJ | DJ Pepe
Fotografie| Shireen Louw Photography Productions