Imke & Marnes – Belair Estate, Paarl
Waar om te begin… ‘n bruid wat so mooi is van binne en buite soos Imke Minnaar! Wat ‘n voorreg! Ek ken die Minnaar familie eintlik al van 2004 af toe ons paadjes gekruis het in die Ontwerp-klas. Ek was toe nog besig om klas te gee in Ontwerp, Fotografie en Visuele kunste en Imke se jonger sus, Annette was een van my gunsteling studente.
Meer as 10 jaar later het ek die voorreg om toe weer met die wonderlike familie bande te smee, en dit met Imke, die oudste dogter van die pragtige Minnaars wat met Marnes trou.
Ek is nou nog verwonderd as ek aan die paartjie dink, Marnes wat soveel integriteit het, het my regtig net weer van voor af laat glo dat daar nog sulke goeie mans daar buite is!
Ons wens die twee net die beste vir die toekoms toe, en kan nie wag om te sien wat hulle saam gaan bereik nie!
Foto-krediet | Nicola Bester Photography
Hulle troue is onlangs gepubliseer op www.ConfettiDaydreams.com/natural-greenery-gold-marsala-wedding
Baie dankie aan die volgende diensteverskaffers:
Venue | Belair Pavillion
Spyseniering | Dre Johnson Inc
Koordinering | CreativeNook
Fotografie | Nicola Bester Photography
Make-up & haarstilis | Marzaan Lot
Trourok | Wedding Boutique
Bruidegom se cleresie | Frank Bespoke
Strikdasse | My Bro-tie
DJ | DJ Riaan
Vioolspeler | Sanmarie Crous
Skryfbehoefte | Mariette Boschoff (bruidegom se sus)
Blommestillering, dekor & beligting | CreativeNook
Troukoek | The Red Velvet Cake Company
Dominee | Johan de Wet (bruidegom se pa)