Leandré +Christopher | Die Woud
Hierdie was ‘n troue baie na aan my hart! Toe Leandré (Die Woud se fenomenale venue manager) my vra om haar troue se dekor & blomme te doen, was die eerste antwoord ASSEBLIEF! Dit was vir my so wonderlik om vir haar te help om ‘n nuwe ‘prentjie’ te vorm van hoe sy week in en week uit troues by Die Woud sien, so dit was vir ons baie belangrik om
met ietsie ‘nuuts’ op te kom.
Toe hulle op die 22ste Desember 2019 trou, het die pampas en gedroogde (foraged) trend maar nog net in Amerika en Australië groot aftrek gekry, so ons was gelukkig dat meeste troues by Die Woud net ‘groen’ en meer kleurvol was tot op hede. So ons het vreeslik lekker gespeel met haar ‘Rooibos en Salmon’ kleurskema, en met heelwat gedroogde elemente gewerk om meer tekstuur in te bring.
Haar tweede wens was dat ons die tent bo die dansvloer sou verwyder, en dat sy onder ‘n feetjieliggie-hemel kon dans! En hoe ongelooflijk mooi het die feetjieliggies nie gelyk toe hulle onder die sterrehemel gedans het nie!
Met perfekte warm somersweer, het hulle voorwaar die perfecte familiefees gehad.
Christopher se ma is was ‘n vreselijke gemis, maar ons weet sy het uit die hemel op hulle neergeskyn, en toe die confetti (wat sy met soveel liefde vir hulle gedroog het) op hulle neerval, was dit asof sy fisies daar teenwoordig was.
Mag julle mooie liefde vir mekaar, vir ewig skyn, en ons nog laaaaank vriende bly!
Diensteverskaffers
Cinematography | FJS film production
Fotografie | Jana Marnewick Photography
Venue | Die Woud
DJ | Pierre van DJ Pepe
Musiek | Marimba Band (Eric)
Dekor, beligting, blomme en koordinering | CreativeNook