Melissa + Francis Trou
Hierdie is vir my só ‘n spesiale troue om met julle te deel! Ek het so bietjie meer as ‘n jaar gelede vir Melissa ontmoet, in ‘n quaint koffiewinkel, Dapper in Kaapstad. Ek onthou dit soos gister, soos ek my kar gestamp het in Strand staat toe ek probeer parkeer in die gewoel van die stad se nóu paaie. Dit was soos om met ‘n lekker vriendin te gesels en op te vang, met Melissa se grafiese agtergrond en myne het ons baie raakpunte gehad, en het alles begin met ‘n pragtige pattroon op ‘n ou Portugese teël!
Met Melissa se liefde vir blomme-patrone, het ons die pad aangepak met pink bougeanvillas in my agterkop. Wat ‘n wonderlike reis het ons nie saam gehad nie, soos idees gevorm, gegroei, aangepas en toe vermeerder moes word nie! Hierdie wonderlike mense se dag was gevul met liefde, eenvoud en so baie kleur! Ek staan maar net verwonderd, veral as ek terugkyk na die wonderlike beelde en intieme oomblike, so mooi vasgevang deur Hayley Takes Photos. Hoop julle geniet die fotos in die pragtige Overberg!
Venue | De Oude Kraal Wedding Venue
Fotograaf| Hayley Takes Photos
Skryfbehoefte | Melissa Marais (bruid)
Dekor, blommestillering + beligting | CreativeNook
Verhurings | Tablecloth Hiring, Blooming Wonderful, Functions4u