Piet + Nonnie | Die Woud
Wat ‘n ongelooflike sprokiesverhaal! Ek het vir Noeline ontmoet by Schoon, toe sy en haar ma een dag Stellenbosch toe gekom het om trou-verskaffers te ontmoet. Sy is met haar Gemeenskapsjaar geplaas in die platteland, De Aar om presies te wees. Alhoewel sy GLAD nie belanggestel het om iemand gedurende die jaar te ontmoet nie, het haar en Piet se paaie al op die 4 de dag gekruis. Twee dae daarna is hulle op hulle eerste ‘date’ en daar het hulle altwee besef hulle is bedoel vir mekaar. Twee en ‘n half jaar later….en die wonderlike familie trou-fees het die families finaal versoen, by die ongelooflike spesiale venue, Die Woud in die Overberg.
Geniet hierdie wonderlike fees vir die oog saam met ons.
Diensteverskaffers
Venue | Die Woud
Trourok| Robyn Roberts Bridal Ware
MUAH | Ida Webster Make-up & Hair
Videographer | KovacevicBosch Films & Photography
Live music | The Dixie Swingers Trad Jazz Band
Ongelooflike fotos soos altyd deur | Celeste van Aglow Photography
Bruidsruiker, naamborde en terrariums | Bruid se ma
Beligting, stillering van dekor, bruidsmeisie-ruikers en seremoniedekor | CreativeNook