skip to Main Content

Suzanne + Wybrand | Landtscap

Wie sou nou ooit kon dink, dat toe Suzaan + Wybrand hulle troue begin beplan het, vir die 7de Julie 2018 dat dit ‘n perfekte Somersdag van 24 grade sou uitdraai! Op hierdie wonderlike Wintersdag het Suzaan + Wybrand, beste vriende, mekaar gekies, om die res van hulle lewens en elke avontuur saam met mekaar aan te pak.

Dit was omtrent ‘n warrelwind vandat ek hulle ontmoet het een Saterdagoggend by Meraki, Stellenbosch (vir die beste Eggs Benedict ontbyt), tot ons by die kansel gekom het… maar met Suzaan se argitektuur agtergrond en Wybrand se liefde vir modieuse dekor en minimalisme met ‘n bietjie winter-tekstuur, het hierdie dag eitlik wonderlik uitgedraai!

Detail is aangespreek deur marmer en graniet blokke vir elke persoon se naam te gebruik, bietjie rou sement kershouers om by die estetica van Landtscap aan te pas, en die gedroogde elemente en ‘foraged’ gevoel van die gedroogde sade en pampasgras saam met ‘n kombinasie van swart kerse vir biejtie winter-drama het die prentjie voltooi.
Dankie aan die diensteverskaffers sonder wie die dag nie moontlik kon wees nie!

Fotograwe | Mint Tea Photography
Venue | Landtscap
Beligting en ghost stoele| Authentic Planning
Spyseniering | Two Chefs
Troukoek | Baked by Poppy
DJ | DJ Chopper
Bruid se rok | Robyn Roberts Bridal
Juweliersware | Dear Rae
Dekor, blommestillering en hangende strukture | CreativeNook

Leave a Reply

Back To Top